Go Back

Midrand Afrikaanse Akademie Babasentrum, Kleuter-,Laer- en Hoërskool

About

Midrand Baba sentrum en Kleuter-,Laer- en Hoërskool waar die kind as 'n geheel ontwikkel deur top akademiese onderwys gebaseer op Christelike waardes.

Products

Baba sentrum, Kleuter-, Laer- en Hoërskool

Our Story

Communitas MAA Baba-, Kleuter- en Laerskool is ’n plek waar kinders as a geheel kan ontwikkel. Dink aan ’n plek waar goeie waardes nog waarde het: ’n Plek waar enersheid in waardes, taal en godsdiens gevier word.

Die skool is ’n kwaliteit akademiese instansie wat uitstekende waarde vir geld bied. Elke lid van ons skool voel hul hoort, soos in ’n familie. By ons word elke kind uniek gekoester en opgevoed deur ’n gemeenskap van gemeenskapslede, onderwysers, ouers en ander kinders. Die hele gemeenskap staan saam en word opgehef!

In hierdie gemeenskap voel kinders geborge en kan hul skooldae geniet en ’n goeie fondament kry deur ’n opvoeding gebasseer in ware goeie waardes.

Goeie waarde vir geld

Gelde is bekostigbaar en sluit in aktiwiteite gemik op die holistiese opvoeding van ons kinders.

Ons fooie sluit die volgende in wat nie normaalweg deur skoolfooie gedek word nie:

  • Die vakansieprogram.
  • Warm pap in die oggende.
  • Middagete vir voldagkinders plus ’n snoephappie in die middae;
  • Nuwe laerskoolleerlinge ontvang eenmalig basiese skryfbehoeftes soos ’n potlood, liniaal, skêr en uitveër.
  • Kinderkinetikaprogram vir ons kleuterskoolleerlinge vanaf babatyd tot Graad 3.
  • Troeteldierondersteunings Aktiwiteitsprogram (TOA): Ons leer ons kinders om diere te hanteer.

Skool afdelings:

  • Kleuterskool - Baba sentrum: 3 maande tot 2 jaar oud.
  • Kleuterskool - Peuters: 3 tot 5 jaar oud.
  • Laerskool - Grondslag fase: Graad 0 tot 3
  • Laerskool - Intermediêre fase: Graad 4 tot 7.

Departementele Registrasie

  • Ons is geregistreer by die Gautengse Departement van Onderwys.
  • Ons registrasienommer is: JE 700400861

Kurrikulum:

Skooltye:

  • Kleuterskool: 08:00 – 13:30
  • Laerskool Grondslag fase: 07:30 – 13:00
  • Laerskool Intermediêre fase: 07:30 – 13:45
  • Voldag: 06:45 – 17:30

Ons volg die Gauteng privaat skool kalender. Kontak ons op [email protected] / 083 233 7806 om meer oor ons skool te leer.

 


Posted on Dec 18, 2018

Fliek en piekniek onder die sterre / Movie and picnic under the stars

Movie for the family and community under the stars
Posted on Dec 18, 2018
Other